Zuid Afrika

vakantieland

  • Vergroot lettergrootte
  • Standaard lettergrootte
  • Verklein lettergrootte
Home Nieuws Welkom in Suid-Afrika

Welkom in Suid-Afrika

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.

Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.


Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die land se geskiedenis en politiek oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is 'n stelsel gegrond op rassediskriminasie opgerig. Die wette is van 1990 af afgeskaf na 'n lang en gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, bruin en Indiër- Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid. Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika en die res van die ontwikkelende lande wat nie 'n staatsgreep deurgemaak het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van een van die voorste grondwette ter wêreld met stewige beskerming van menseregte.

Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys - 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige President Nelson Mandela as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.

 

Vliegtickets


Advertentie